Nuwe Landini 7-reeks trekker sit tradisie van doeltreffendheid voort

Veeldoelligheid, gebruikers- en kajuitgemak, en onderhoudskoste is van die belangrike aspekte wat oorweeg word wanneer ‘n trekker aangeskaf word.  Hierdie elemente het reeds gefigureer in die vader van Landini-trekkers, Giovanni Landini, se droom toe hy in 1884 sy maatskappy gestig het.  Landini se droom kry nou opnuut gestalte met die bekendstelling van die moderne Landini 7.240-reeks.

 

Landini het afgelope dertig jaar baie tyd, geld en energie aan navorsing en ontwikkeling spandeer en die Landini 7.240 trekker is die resultaat van hierdie strategiese fokus. Die trekker staan uit binne sy groep wat doeltreffendheid, werkverrigting, aanpasbaarheid en gemak betref en sal enige kieskeurige verbruiker tevrede te stel omdat dit aan die behoeftes van die moderne landbou voldoen.

Die nuwe Landini 7.240-trekker spog met ‘n dinamiese voorkoms en hoë-kwaliteit afwerking en is so ontwerp dat dit doeltreffend onder verkillende landbou-omstandighede en met ‘n verskeidenheid implemente kan werk.

Die ruim kajuit is egronomies so uitgelê dat die operateur al die kontroles met gemak kan bykom. Die luuksheid binne die kajuit gee die gevoel van ‘n moderne kantoor op wiele. Die ontwerp en uitleg van die geïntegreerde intelligensie-stelsels binne die kajuit verbeter sigbaarheid en verminder uitputting tydens lang werksdae.

 

Die gemaklike operateurstasie spog met groot kajuitvensters wat uitstekende sig bied.  Die sitplekontwerp, truspieël en deursigtige dakpaneel help die operateur om werktuie agter die trekker makliker te sien.  Die swaaisitplek spog met ‘n dinamiese lugsuspensiesisteem en die outomatiese verstellingsmeganisme dra by tot die operateur se gerief.  Die instrumentpaneel is elektronies en die stuurwiel kan meganies verstel volgens die operateur se behoeftes. Die 12-duim monitorskerm verseker uitstekende en doeltreffende kontrole van die trekker en implemente vir verbeterde produktiwiteit.

 

Die kajuitdak is heeltemal herontwerp en spog met 10 ligte in die dak van die kajuit wat so saam met die ander 8 ligte geplaas is vir goeie sigbaarheid reg om die trekker. Verder beperk die doeltreffende klankisolasiesisteem die geraas binne in die kajuit.  In die kajuit se dak is ‘n doeltreffende outomatiese klimaatkontrolesisteem ingebou wat die verlangde temperatuur binne die kajuit beheer. Wye en goed-geplaasde trappe maak dit maklik en veilig vir die operateur om in en uit die kajuit te klim.

Die nuwe FPT NEF 6,7 liter ses sillinder enjin is op ‘n stewige gietyster onderstel gemonteer en teen 240 perdekrag lewer die enjin baie meer krag.  Die nuwe enjin se werkverriging is uitstekend en as dit kom by vastrapvermoë, brandstofverbruik en hantering, gaan dit moeilik wees om die trekker te klop. Die nuwe SCR katalisator met ‘n onderhoudvrye filtrasiemeganisme dra verder by tot beter werksverrigting terwyl dit operasionale koste verminder.

Dit is boonop toegerus met ‘n innoverende HI-eSCR2 uitlaatgashersirkulasie-stelsel wat nie net uitlaatgasse verminder nie, maar ook sorg vir skoner uitlaatgas en beter brandstofbenutting sodat die 7-reeks voldoen aan die Fase V verminderde brandstofvrystellingsvereistes.

Die geslote hidroliese stelsel lewer 160 l/min deur middel van vier elektronies-gekontroleerde hidroliese spoelkleppe agter op die trekker en saam met die vrag-sensor bied dit meer krag, blitsige reaksies en akkurate beheer oor die implemente.

Die 4-fase deurlopende CVT-ratkasaandrywing bied aan die reeks al die aanpasbaarheid wat nodig is om alle terreine te kan hanteer.  Die CVT-ratkasaandrywingstelsel is gebaseer op vier onafhanklike stelle plantêre ratte en ‘n olie-verkoelde koppelaar wat uitsonderlike traksie en uitstekende reaksietyd gee. Die gemoduleerde en verstelbare kragtransmissie is in vier spoedvariasies beskikbaar vir gladde oorskakeling en ratse beweging en kan vanuit die gemak van die kajuit elektronies gemonitor en verstel word. Die vier spoedstellings bied werkbare spoedparameters vanaf 0,04km/h tot ‘n maksimum van 50km/h wat produktiwiteit in die werksomgewing ondersteun.  Wanneer rem getrap word, skop die vierwielaandrywing onmiddellik in. Die egalige werkverrigting dra by tot beter brandstofverbruik.

Landini-trekkers is maklik om te onderhou. Die enjinkap lig hoog op sodat die enjin met gemak gediens kan word. Die olievullerprop word aan die onderste gedeelte van die enjin aangetref en olie word toegedien sonder dat dit nodig is om die enjinkap oop te maak. Die trekkers is toegerus met ‘n 350 l dieseltenk asook ‘n 52 l AdBlue-tenk, elk met ‘n spesifieke kleur prop om verwarring te voorkom. Die tenks is strategies geplaas sodat dit met gemak gevul kan word.

Landini spog met ‘n lang geskiedenis van voortgesette innovasie en vooruitgang vir uitnemende werkverrigting op die plaas. Wanneer jy Landini kies, kies jy nie net ‘n trekker nie, maar ook ‘n betroubare vennoot wat jou in staat stel om die nuutste tegnologie terug plaas toe te neem vir ongeëwenaarde werkverrigting en produktiwiteit.

agricoltura di precisione